YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 174 OF 364

Vraag 25: Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? — Die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die Geloofsbelydenis van Nicea en die Heidelbergse Kategismus 22-25 wat ook die Apostoliese Geloofsbelydenis (12 artikels) insluit. Wat leer jy oor geloof uit hierdie twee belydenisse? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Geloofsbelydenis van Nicea 1-12

1) Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van hemel en aarde, van alle sigbare en onsigbare dinge.

2) En in een Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, voor al die eeue uit die Vader gebore.

3) Hy is God uit God, lig uit lig, ware God uit ware God, gebore, nie gemaak nie, een in wese met die Vader, deur wie alles tot stand gekom het.

4) Hy het ter wille van ons, mense, en ons saligheid uit die hemel neergedaal en het deur die Heilige Gees uit die maagd Maria vlees geword; Hy het mens geword; onder Pontius Pilatus is Hy gekruisig; Hy het gely en is begrawe.

5) Op die derde dag het Hy volgens die Skrifte opgestaan.

6) En Hy het na die hemel opgevaar. Hy sit aan die regterhand van die Vader.

7) En Hy sal met heerlikheid terugkom om die lewendes en die dooies te oordeel. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.

8) Ons glo in die Heilige Gees, wat Here is en lewend maak. Hy gaan van die Vader en die Seun uit, en Hy word saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik. Hy het deur die profete gespreek.

9) Ons glo aan een, heilige, algemene en apostoliese kerk.

10) Ons bely een doop tot vergifnis van sondes.

11) Ons verwag die opstanding van die dooies.

12) En die lewe van die toekomstige bedeling. Amen.

Heidelbergse Kategismus 22-25

22 Vraag: Wat moet 'n Christen glo?

Antwoord: Alles wat in die evangelie aan ons beloof word (a) en wat die artikels van ons algemene en ongetwyfelde Christelike geloof ons in hoofsaak leer.

(a) Johannes 20:31; Matteus 28:19; Markus 1:15.

23 Vraag: Hoe lui die artikels?

Antwoord: (1) Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. (2) En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; (3) wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria; (4) wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en neergedaal het na die hel; (5) wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dood; (6) opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, (7) waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel. (8) Ek glo in die Heilige Gees. (9) Ek glo aan 'n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; (10) die vergewing van sondes; (I1) die opstanding van die liggaam (12) en 'n ewige lewe.

24 Vraag: Hoe word hierdie artikels ingedeel?

Antwoord: In drie dele: die eerste handel oor God die Vader en ons skepping; die tweede oor God die Seun en ons verlossing; die derde oor God die Heilige Gees en ons heiligmaking.

25 Vraag: Terwyl daar maar tog net een, enige Goddelike Wese is, waarom praat jy van drie, naamlik die Vader, Seun en Heilige Gees (a)?

Antwoord: Omdat God Hom so in sy Woord geopenbaar het (b) dat hierdie drie onderskeie Persone die enige, ware en ewige God is.

(a) Deuteronomium 6:4; Efesiërs 4:6; Jesaja 44:6; 45:5; 1 Korintiërs 8:4, 6. (b) Jesaja 61:1; Lukas 4:18; Genesis 1:2, 3; Psalm 33:6; Jesaja 48:16; Matteus 3:16, 17; 28:19; 1 Johannes 5:7; Jesaja 6:1, 3; Johannes 14:26; 15:26; 2 Korintiërs 13:13; Galasiërs 4:6; Efesiërs 2:l8; Titus 3:5, 6.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor geloof.

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More