Wie Is God?Sample

Vraag 26: Wie is die Vader? — Deuteronomium 32:6
1. Hierdie teks kom uit die Wet. Moses is besig in sy derde preek vóór die Intog in Kanaän met ‘n loflied op die karakter van God. Hy wil die volk aanmoedig om nie dom en onwys op te tree nie. Die metafoor wat Hy gebruik is dat God soos ‘n aardse pa ons gemaak en gevorm het. Watter gedagtes oor God se Vaderskap maak dit los by jou?
2. God as Vader het ons gemaak wie ons is. Hy wil ons egter ook vorm na sy Beeld. Dit vra van ons gehoorsaamheid. Wat hou dit vir jou in?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner om in gehoorsaamheid aan jou Vader te leef.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Deuteronomium 31:30-32:50 met die tema: Moses se loflied op die karakter van God.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Rich Dad, Poor Son

Heart of Worship

Serve: To Wield Power With Integrity

A Prayer for My Husband: Part 1

Prayers for My Wife

(Re)made in His Image

Daniel: Remembering Who's King in the Chaos

Gems of Motherhood~ Letters to a Mama: 20ish Things I Wish I Knew Before Becoming a Mom

How Christians Grieve Well
