Wie Is God?Sample

Vraag 26: Wie is die Vader? — Jesaja 63:15-16
1. Hierdie teks kom uit die Profete. Jesaja bid hier tot God dat in ‘n situasie van ballingskap in die vreemde God Hom weer as Vader sal bewys. Wat tref jou van die wyse waarop Jesaja met God in gesprek tree?
2. In die konteks van die res van Jesaja 63 is dit duidelik dat Israel se ballingskap weens hulle eie sonde en afvalligheid is. Die ballingskap was God se oordeel oor hulle. Tog is Jesaja se gebed steeds begrond in God se Vaderskap: “U is mos nog ons Vader!” Watter troos en verwagting hou dit ook vir jou in?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat God se Vaderskap die oorsaak, oorsprong en begin van alles is. Jy kan Hom sonder enige twyfel vertrou om vir jou te sorg.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Jesaja 63 met die tema: Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Kingdom Parenting

Heaven (Part 1)

God in 60 Seconds - Fun Fatherhood Moments

Experiencing Blessing in Transition

Drawing Closer: An Everyday Guide for Lent

Growing Your Faith: A Beginner's Journey

Heaven (Part 3)

Be the Man They Need: Manhood According to the Life of Christ

Hebrews: The Better Way | Video Devotional
