YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 159 OF 364

Vraag 23: Wat is geloof in Jesus Christus? — Handelinge 20:24

Paulus spel hier baie prakties uit dat geloof in Christus beteken dat ‘n mens bereid is om vervolging en selfs die dood te trotseer in die fokus op die lewenstaak en bediening wat jy van die Here Jesus gekry het.

1. Is dit hoe jy oor die implikasies van jou geloof dink?

Ons lewenstaak en bediening hou, soos vir Paulus, in dat ons die goeie nuus verkondig dat God mense liefhet sonder dat hulle iets hoef te doen om dit te verdien.

2. Hoe is jy daarmee besig?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan jou roeping om die goeie nuus van God se liefde aan ander te verkondig.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Handelinge 20 met die tema: Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang.

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More