YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 158 OF 364

Vraag 23: Wat is geloof in Jesus Christus? — Galasiërs 2:19-20

Christus se dood en opstanding bevry gelowiges van die wet en die vloek daarvan. Die verwysing na ons kruisiging met Christus verwys nie hier na ons fisieke dood nie, maar na die dood van ons vorige self. Sy dood aan die kruis stel ons in staat om skande, minagting en valse beskuldigings in hierdie lewe te verduur soos Jesus, God se lydende Kneg.

Dat Christus nou in my woon, verwys na die nuwe lewe in Christus sowel as die teenwoordigheid van God se Gees in my hart, wat gehoorsaamheid aan die evangelie bemagtig.

1. Paulus verduidelik hier dat geloof nie net gedagtes is wat jy glo nie. Geloof is baie prakties. Dit is om Christus toe te laat om jou lewe te bepaal. Hoe verstaan jy dit?

2. Paulus gebruik die kruis as metafoor om hierdie tipe geloofslewe te beskryf. Soos Christus sy liefde vir my bewys het deur aan die kruis te sterf, só bewys ek my liefde vir Hom deur Hom toe te laat om sy werk deur my lewe voort te sit. Hoe doen jy dit?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jy lewe deur die geloof in Jesus Christus, trouens, dat Hy in jou en deur jou lewe.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Galasiërs 2 met die tema: Om met vertroue, verwagting en volharding te leef.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More