Wie Is God?Sample

Vraag 23: Wat is geloof in Jesus Christus? — Romeine 3:23-28
Ons het almal gesondig en God van die eer beroof wat Hom toekom, soos Paulus van Romeine 1 tot 3 verkondig. Ons vryspraak berus dus nie op ons goeie dade nie, want ons almal is sondig. Ons vryspraak berus op ons geloof in Jesus Christus.
Net soos almal gesondig het en lei aan die “sonde-siekte”, kan almal die vryspraak van God verkry deur in Jesus Christus te glo. In taal wat herinner aan ’n nagmaalsformulier spel hy in vers 25-26 die hoof elemente van die evangelie uit: God gee versoening en vryspraak deur die offer van Jesus Christus vir elkeen wat glo. Die wet en die profete het daarvan getuig, maar die wet kon die vryspraak nie vir mense gee nie. Net die geloof in Jesus Christus het daardie mag.
1. Hoe dink jy daaroor? Geld dit alle mense? Wat moet jy glo dat jy die vryspraak kan ontvang?
2. Jy is deur geloof met Christus Jesus versoen met God. Watter rol speel goeie dade nou? Watter rol speel gehoorsaamheid aan die wet?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jy volkome vrygespreek is deur God.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Romeine 3 met die tema: God gee vryspraak sonder onderskeid aan elkeen wat glo.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Live Your OWN Life With Conviction

Jesus Is Our "Light of the World"

Move People Through God Alone

Sundays at the Track

Christosis: Participation in Christ and Imitation of Christ

Love People?!

The Family Business: Living Like Jesus. Loving Like Jesus. Leading Like Jesus.

Made for More

Anchored: The Life and Letters of the Apostle Peter
