Wie Is God?Sample

Vraag 22: Hoe kan jy verlos word? — Die belydenisskrifte
1. Lees die aanhalings uit die Nederlandse Geloofsbelydenis 23 en Heidelbergse Kategismus 2. Wat leer jy oor hoe jy verlos kan word? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?
Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 23
ONS GEREGTIGHEID VOOR GOD
Ons glo dat ons geluksaligheid geleë is in die vergewing van ons sondes om Jesus Christus ontwil en dat ons geregtigheid voor God daarin bestaan. Dit leer Dawid en Paulus ons deur te verklaar dat die mens se geluksaligheid daarin bestaan dat God hom die geregtigheid buite die wetsonderhouding om toereken (Psalm 32:2 en Romeine 4:6). Dieselfde apostel sê dat ons verniet, dit wil sê uit genade, geregverdig is deur die verlossing wat in Jesus Christus is (Romeine 3:24). Ons hou daarom hierdie grondslag altyd vas: Ons gee aan God al die eer, verneder ons voor Hom, erken dat ons is wat ons is, en roem glad nie in onsself of in ons verdienste nie, maar maak staat en steun op die gehoorsaamheid van die gekruisigde Christus alleen. Hierdie gehoorsaamheid is ons eie as ons in Hom glo; dit is ook genoegsaam om al ons ongeregtighede te bedek en die gewete van vrees, verbystering en skrik te bevry en om ons vrymoedigheid te gee om na God te gaan, terwyl ons nie handel soos ons eerste vader, Adam, wat al bewende probeer het om hom met vyeblare te bedek nie. Waarlik, as ons voor God moes verskyn terwyl ons, in watter geringe mate ook al, op onsself of op enige ander skepsel sou staatmaak, sou ons - helaas! — verteer moes word. En daarom moet elkeen saam met Dawid sê: "En gaan nie na die gereg met u kneg nie, want niemand wat leef, is voor U aangesig regverdig nie" (Psalm 143:2 AFR53).
Hebreërs 11:7; Efesiërs 2:8; 2 Korintiërs 5:19; 1 Timoteus 2:6; 1 Johannes 2:1; Genesis 3:7 (Romeine 5:19); Romeine 4:6; Handelinge 4:12; Esegiël 36:23, 32; Deuteronomium 27:26; Jakobus 2:10; Psalm 143:2; Lukas 16:15; Job 1; 1 Korintiërs 4:4; Psalm 18:28; Sefanja 3:11; Hebreërs 10:20.
Heidelbergse Kategismus Vraag 2
Hoeveel dinge moet jy weet om in hierdie troos salig te kan lewe en sterwe?
Antwoord: Drie dinge (a): Ten eerste, hoe groot my sonde en ellende is (b); ten tweede; hoe ek van al my sonde en ellende verlos word (c) en ten derde hoe ek God vir so 'n verlossing dankbaar moet wees (d).
(a) Matteus 11:28-30; Efesiërs 5:8. (b) Johannes 9:41; Matteus 9:12; Romeine 3:10;1 Johannes 1:9;10. (c) Johannes 17:3; Handelinge 4:12 10:43. (d) Efesiërs 5:10; Psalm 50:14; Matteus 5:16; 1 Petrus 2:12; Romeine 6:13; 2 Timoteus 2:15.
2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor hoe jy verlos kan word.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Live Your OWN Life With Conviction

Jesus Is Our "Light of the World"

Move People Through God Alone

Sundays at the Track

Christosis: Participation in Christ and Imitation of Christ

Love People?!

The Family Business: Living Like Jesus. Loving Like Jesus. Leading Like Jesus.

Made for More

Anchored: The Life and Letters of the Apostle Peter
