YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 152 OF 364

Vraag 22: Hoe kan jy verlos word? — Efesiërs 2:8-9

Paulus eggo die refrein wat ’n mens in sy gevangenskapbriewe raaksien, dat God aan ons saam met Christus ’n plek in die hemel, dws in sy teenwoordigheid gegee het. Hy doen dit uiteraard ter wille van ons, omdat ons sy kinders in Christus Jesus is. Maar Hy doen dit ook om aan die wêreld sy geweldige groot genade ten toon te stel as getuienis van sy goedheid wat vir almal bedoel is. Hy maak van mense wat sy vyande was, sy vriende.

Daarom beklemtoon Paulus dat geloof ‘n gawe is van God. Net so is verlossing ‘n gawe van God. God verlos ons nie omdat ons goeie werke doen nie. God verlos ons sodat ons goeie werke kan doen.

1. Hoe dink jy daaroor?

2. Verlossing is dus nie die gevolg van ons dade nie. maar die gevolg van God se werk in ons. Hoe kan jy al hoe meer vir God toelaat om goeie werke deur jou te doen?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die genade van geloof waardeur God jou verlos het. Stel jou in om in dankbaarheid aan Hom gehoorsaam te lewe.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Efesiërs 2 met die tema: God woon in die gemeenskap van gelowiges.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More