YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 156 OF 364

Vraag 23: Wat is geloof in Jesus Christus? — Romeine 5:1-2

Die eerste perikoop van Romeine 5 is ’n lofsang en geloofsbelydenis oor die vrede wat daar nou tussen ons en God gekom het op grond van sy vryspraak. Let op hoe hierdie genadegawe alles verander: aan die een kant bring dit die hoop dat ons deel sal hê aan die heerlikheid van God self. Aan die ander kant kan ons ons ook verheug in ervarings van swaarkry, want dit bring volharding, wat lei tot egtheid (beproefdheid) van geloof, wat net soseer as die ervaring van genade lei tot hoop.

Wat dit vir my in ’n afgeleide sin sê en beteken is dat ek my kan verheug oor God se voorsiening, want dit skep hoop by my. Maar ek kan my ook verheug oor swaarkry omdat dit net soseer hoop by my skep deur die vrug wat dit bring in terme van volharding en egtheid. Dit alles is moontlik omdat God se liefde in my hart uitgestort is deur die Heilige Gees wat my oortuig dat Hy in my woon en in ’n verhouding met God kan laat groei.

1. Die ware geloof bring vrede, vreugde en ‘n verwagting in ‘n mens se lewe. Watter inhoud het dit vir jou? Hoe laat dit jou voel?

2. Jesus Christus gee ons toegang tot die heerlike posisie van genade waarin ons ons nou bevind. Wat beteken hierdie genade prakties? Hoe beïnvloed dit jou daaglikse lewe?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die volkome vrede, vreugde en verwagting wat jy in Jesus Christus het.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Romeine 5 met die tema: Vryspraak lei tot vrede en vrye toegang.

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More