Wie Is God?Sample

Vraag 22: Hoe kan jy verlos word? — Romeine 1:16-17
Paulus raak skoon liries oor die goeie nuus van die verlossing. Let op hoe opgewonde hy is oor die ingeboude krag van God in die evangelie van Jesus Christus wat mense vryspreek. Hy wil hê dat almal moet deel in die vreugde en werklikheid daarvan. God spreek ons vry “enkel en alleen deurdat ons glo.” En dit is vir Jode sowel as Grieke (Hellene of heidene): “enkel en alleen omdat hulle glo” (Habakuk 2:4). Sola fide – die hoofboodskap van dié brief.
1. Is dit vir jou ‘n werklikheid? Indien wel, hoe het dit gebeur?
Met hierdie inleiding roer hy sy eerste onderwerp aan wat tot aan die einde van hoofstuk 4 behandel sal word: God se voorsiening vir die probleem van die sonde geïllustreer in die voorbeeld van Abraham, waardeur aan die een kant die oneffektiwiteit van die wet en die besnydenis uitgewys gaan word, en aan die ander kant die krag van geloof in Jesus Christus wat mense vryspreek.
Paulus is nie skaam oor hierdie goeie nuus nie. Almal moet dit hoor. Dit is vir Jode en nie-Jode.
2. Indien jy nog nie sekerheid het oor jou verlossing nie, wat het jy nog nodig om dié verlossing te omhels? Kontak my as jy hulp nodig het (acv.vanwyk@gmail.com).
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jy die verlossing in Christus het. Verbind jou daaraan om nie skaam te wees oor die goeie nuus nie, en dit aan almal te verkondig.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 1 met die tema: God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Live Your OWN Life With Conviction

Jesus Is Our "Light of the World"

Move People Through God Alone

Sundays at the Track

Christosis: Participation in Christ and Imitation of Christ

Love People?!

The Family Business: Living Like Jesus. Loving Like Jesus. Leading Like Jesus.

Made for More

Anchored: The Life and Letters of the Apostle Peter
