YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 150 OF 364

Vraag 22: Hoe kan jy verlos word? — Galasiërs 3:26-29

Paulus is duidelik hieroor in die Galasiërbrief. Dit is nie meer die besnydenis wat die onderskeidende teken van die Godsvolk is nie. Daardie rol word nou deur geloof vervul. Elkeen wat glo, behoort aan Christus en is daarom nakomelinge van Abraham en deel van die verbondsbeloftes van God.

Dit beteken ook dat in Christus is almal één.Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie. In Christus Jesus is almal nou één. Die oomblik as jy in die vryspraak deur die geloof gedeel het, is jy ook in gemeenskap met elke ander mens wat in die vryspraak van die geloof gedeel het. En daar is geen onderskeid nie. Ras of etnisiteit of taal of sosiale status of geslagtelikheid is nie meer bepalende elemente in ons Christelike identiteit nie, net die geloof in Christus Jesus. ’n Mens kan dit nie sterk genoeg sê nie: In Christus Jesus is almal één!

1. Die kern van ons geloof is die Here Jesus Christus. Wie in Hom glo, IS kinders van God. Dit maak jou ‘n erfgenaam van alles wat God belowe. Jou afkoms, status of geslag het daarop geen invloed nie. Hoe laat dit jou voel?

2. Jy het deur geloof met Christus één geword. Die doop is die teken daarvan. Jou lewe word nou heeltemal deur Christus bepaal. Wat vra dit van jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jou lewe heeltemal bepaal word deur Christus. Jy is ‘n erfgenaam van alles wat God belowe.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Galasiërs 3 met die tema: Dié wat glo, is kinders van Abraham.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More