Wie Is God?Sample

Vraag 21: Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Titus 2:11-14
God se genade/goedheid is bedoel vir ons verlossing. Dit voed ons op om twee goed af te lê: die goddelose leefstyl van hierdie wêreld en die begeertes wat vir die wêreld belangrik is.
1. Wat sê Paulus hier vir jou oor jou eie leefstyl en begeertes?
God se genade voed ons ook op om drie goed op te neem: om selfbeheers (gebalanseerd), regverdig (volgens God se wil) en vroom (toegewyd aan Hom) te leef. Dit is die drie basiese gedragspatrone van kinders van die Here: teenoor onsself, teenoor ander, en teenoor God.
2. Wat wil die Here vir jou hierdeur prakties leer?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat jy in die leerskool van Christus is. Hy koop ons nie net los van die sondes nie, maar reinig ons van alle sonde, sodat ons kan leef soos God dit wil.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Titus 2 met die tema: Gesonde leer.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More