YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 135 OF 364

Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Romeine 1:1-4

Let op die meer uitvoerige bekendstelling van Paulus in sy skrywe aan die Romeine. Hoewel hy baie van hulle ken (vgl hfst. 16), was daar talle wat hom nie geken het nie. Hy lê dus klem op die feit dat hy 'n dienskneg van Christus Jesus is, 'n geroepe apostel, wat afgesonder is vir die evangelie van God.

Dié evangelie is lank reeds tevore deur die profete van God in die heilige Skrifte neergepen. En dit gaan oor sy Seun. Let op hoe Paulus beide Jesus se menslikheid — Hy is na die liggaam uit die nageslag van Dawid gebore — sowel as sy Goddelikheid —Hy is deur die Heilige Gees "op grond van sy opstanding uit die dood" kragtig aangedui as die Seun van God — beklemtoon.

1. Let op dat Paulus hier van “God” se goeie nuus praat. Dit is waarom Jesus beide God as mens moes wees, om as Middelaar die mensdom met God te versoen. Anders sou Hy nie sy hand op God en op ons kon lê en die twee by mekaar kon uitbring nie. Hoe verryk dit jou begrip van die boodskap van die evangelie?

2. Die opstanding uit die dood is soos die ander kern leerstukke van ons geloof ononderhandelbaar. As jy die opstanding uit die dood ontken — of spitsvondig sê dat Jesus net simbolies opgestaan het — kan jy nie meer in Hom as die Seun van God glo nie. Dit is immers juis die opstanding wat Jesus kragdadig bevestig as die Seun van God. Hoe dink jy self oor die opstanding?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die goeie nuus dat hierdie opgestane God-mens ook jou Here is.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Romeine 1 met die tema: God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo.

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More