YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 138 OF 364

Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? — Hebreërs 1:1-3

1. Jesus word hier onomwonde in sy Goddelike gestalte as Seun van God beskryf. Vyf kenmerke van Hom word uitgelig: Erfgenaam van alles, Skepper van alles, Beeld van God, Instandhouer van alles, Reiniger van sondes, Ereposisie aan God se regterhand. Oordink die betekenis daarvan vir jou.

2. Die boodskap van God se Seun word gekontrasteer met die talle en verskillende “broksgewyse” maniere waarop God in die verlede met sy mense gepraat het. God het nou finaal met ons gepraat deur die Seun. Dit is waarom die Bybel as die Woord van God so belangrik is. Oorweeg die gesag wat die Bybel in jou lewe dra in die lig hiervan.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat jy in Christus ook ‘n erfgenaam van alles is. Hy het ons van ons sonde gereinig om vir ewig met Hom te wees.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Hebreërs 1 met die tema: God praat met ons deur sy Seun.

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More