Wie Is God?Sample

Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? — Die belydenisskrifte
1. Lees die aanhalings uit die Geloofsbelydenis van Athanasius 29-30 en die Heidelbergse Kategismus 15-18. Wat leer jy van die redes waarom hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God moet wees? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?
Geloofsbelydenis van Athanasius 29-30
29. Maar vir die ewige saligheid is dit nodig dat hy ook getrou aan die menswording van ons Here Jesus Christus moet glo.
30. So is die regte geloof dan: Ons glo en bely dat ons Here Jesus Christus, die Seun van God, tegelyk God én mens is.
Heidelbergse Kategismus 15-18
15 Vraag: Hoe 'n middelaar en verlosser moet ons dan soek?
Antwoord: So een wat 'n ware (a) en regverdige (b) mens is, maar nogtans ook sterker as alle skepsels is, dit wil sê wat terselfdertyd ware God is (c).
(a) 1 Korintiërs 15:21: (b) Hebreërs 7:26. (c) Jesaja 7:14; 9:5; Jeremia 23:6; Lukas 11:22.
16 Vraag: Waarom moet hy 'n ware en regverdige mens wees?
Antwoord: Omdat die geregtigheid van God eis dat die menslike natuur wat gesondig het, vir die sonde moet betaal (a). Maar die mens wat self sondaar is, kan nie vir ander betaal nie (b).
(a) Esegiël 18:4, 20; Romeine 5:18; 1 Korintiërs 15:21; Hebreërs 2:14-16. (b) Hebreërs 2:26, 27; Psalm 49:8; 1 Petrus 3:18:
17 Vraag: Waarom moet hy terselfdertyd ware God wees?
Antwoord: Om deur die krag van sy Godheid (a) die las van die toorn van God (b) aan sy mensheid te kon dra (c) en vir ons die geregtigheid en die lewe te kan verwerf en teruggee (d).
(a) Jesaja 9:5; 63:3; (b) Deuteronomium 4:24; Nahum 1:6; Psalm 130:3. (c) Jesaja 53:4, 11; (d) Jesaja 53:5, 11.
18 Vraag: Wie is hierdie Middelaar wat terselfdertyd ware God (a) en ware (b) regverdige mens is (c)?
Antwoord: Ons Here Jesus Christus (d), wat God vir ons tot wysheid, geregtigheid, heiligmaking en volkome verlossing gegee het (e).
(a) 1 Johannes 5:20; Romeine 9:5; 8:3; Galasiërs 4:4; Jesaja 9:6; Jeremia 23:6; Maleagi 3:1: (b) Lukas 1:42; 2:6, 7; Romeine 1:3; 9:5; Filippense 2:7; Hebreërs 2:14, 16, 17; 4:15. (c) Jesaja 53:9, 11; Jeremia 23:5; Lukas 1:35; Johannes 8:46; Hebreërs 4:15; 7:26; 1 Petrus 1:19; 2:22, 3:18. (d) l Timoteus 2:5; Matteus 1:23; 1 Timoteus 3:16; Lukas 2:11; Hebreërs 2:9. (e) 1 Korintiërs 1:30.
2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee van die redes waarom hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God moet wees.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

The Bible in a Month

Never Alone

The Holy Spirit: God Among Us

Two-Year Chronological Bible Reading Plan (First Year-January)

Sharing Your Faith in the Workplace

Simon Peter's Journey: 'Grace in Failure' (Part 1)

Everyday Prayers for Christmas

When You Feel Like Roommates: 4 Day Plan to Help You Love (And Like) Your Spouse for Life

Gospel-Based Conversations to Have With Your Preteen
