Wie Is God?Sample

Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? — Romeine 5:15-17
Romeine 5 is regtig 'n sleutel hoofstuk in die gesprek oor verlossing. Daarom het ons al 'n paar keer daarna verwys. Ek herinner jou weer daaraan dat Paulus Adam gebruik om die universele reikwydte van die sonde sowel as die vryspraak te illustreer. Soos alle mense deur Adam se sonde onder die heerskappy gebring is van die ewige dood, só word alle gelowiges deur Christus se vryspraak onder die heerskappy gebring van die ewige lewe.
1. Hoe laat dit jou anders dink oor jouself?
2. Elkeen wat God se vryspraak as oorvloedige genadegeskenk ontvang het, sal koninklik oor die sonde en die dood triomfeer. Hoe raak dit jou praktiese lewe?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat die genade van God in Jesus Christus alles oortref. Dit laat ons koninklik oor die sonde en die dood triomfeer.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Romeine 5 met die tema: Vryspraak lei tot vrede en vrye toegang.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Live Your OWN Life With Conviction

Jesus Is Our "Light of the World"

Move People Through God Alone

Sundays at the Track

Christosis: Participation in Christ and Imitation of Christ

Love People?!

The Family Business: Living Like Jesus. Loving Like Jesus. Leading Like Jesus.

Made for More

Anchored: The Life and Letters of the Apostle Peter
