YouVersion Logo
Search Icon

KykNET Lent GidsSample

KykNET Lent Gids

DAY 38 OF 39

Vergifnis

“Moet nooit verbitterd of opvlieënd of woedend word nie. Moenie vloek of skel nie, Moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het
Efesiërs 4: 31-32.

Oefen om te vergewe. Ek sê spesifiek, beoefen vergifnis, omdat vergifnis nie natuurlik kom nie. Vergifnis is nie ons eerste reaksie nie.

Vergifnis is een van die goed waaroor Jesus die meeste in die Bybel gepraat het en dis waarskynlik omdat Jesus geweet het, indien ons mekaar nie vergewe nie, ons onmoontlik ‘n lewe kan lei waarin ons vry is, en waarin ons iets van 'n oorvloedige lewe kan ervaar. Daarom, of ons nou daarvan hou of nie, is vergifnis een van die lakmoestoetse om ‘n kind van God te wees.

Richard Rohr praat oor hoe sentraal vergifnis in ons verhouding met God is, en dan sê hy: "Ons het nie die onderrig goed genoeg gedoen om die absolute sentraliteit van vergifnis te beklemtoon om die evangelie te kan verstaan nie. Dit is nie dat jy dit dalk moet doen nie, dit is in hierdie ervaring van vergifnis dat jy jou lewe op 'n ander plek vind."

Om ‘n volgeling van Jesus te wees en om met ‘n hart vol verwyt te loop is ‘n contradixio exterminus. Dis nie moontlik nie. Dis wanneer ek voor hierdie gebrokenheid in my eie lewe te staan kom wat ek besef ons is bedorwe mense en daarom moet ons mekaar vergewe.

Hoe vaar jy in jou beoefening van vergifnis?
Hoe word jy deur verwyt gevange gehou as gevolg van jou weiering om te vergewe?

Herhaalgebed:

Here, gee my die genade om vry van verwyte te wees.