YouVersion Logo
Search Icon

KykNET Lent GidsSample

KykNET Lent Gids

DAY 34 OF 39

‘n Groter storie

"Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, die Here is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie"
Genesis 28:16.

In Jakob se verhaal werk hy sy hele lewe om die seën van sy pa te kry. Uiteindelik mislei hy sy pa om te kry wat hy wil hê en die uitwerking daarvan is tragies. Sy broer wil hom vermoor. Hy moet vlug. Hy moet vir sy lewe vlug. Hy leef met skande. Hy sit met skuldgevoelens. Hy sit met verwyte. Hy sit met vrees.

Ek kan my net indink watter gedagtes in hom moes rondmaal: “Hoekom gebeur dit met my? Wat het ek gedoen? Ek probeer net my bes. Ek bedoel, daar was ‘n profetiese woord gewees dat die ouer broer die jonger een sou dien, nog voor my geboorte. Wat moet ek doen? Hoe moet ek dan te werk gaan om ‘n beter lewe te kan kry, om in hierdie gesin te kan funksioneer, om ‘n toekoms te hê? Niks wil vir my uitwerk nie.”

In daardie situasie, in daardie plek kom God na hom toe. God praat met hom. Hy bevestig die belofte wat Hy aan sy oupa Abraham gegee het en Hy sê vir hom: "En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het."

Wanneer ek dink my lewe is verby, is dit juis wanneer God my nooi na ‘n groter verhaal. Ek sien net ‘n gedeelte van die verhaal. Hy is besig met iets meer.

  • Dink aan ‘n tyd wat jy jouself verwyt het oor ‘n besluit wat jy geneem het.
  • Hoe het daardie besluit jou lewe beïnvloed?
  • Op watter maniere het dinge verander?
  • Praat met die Here daaroor.

Herhaalgebed:

Here, gee my die genade om vry van verwyte te wees.

Scripture