KykNET Lent GidsSample

Wanneer my planne nie uitwerk nie ... (verwyt)
WILDE GANSE
Jy hoef nie goed te wees nie.
Jy hoef nie op jou knieë
vir honderd myl deur die woestyn
tot bekering te loop nie.
Jy moet net die sagte dier wat jou liggaam is
toelaat om te hou van wat dit liefhet.
Vertel my van jou wanhoop, en ek sal jou myne vertel.
Intussen gaan die wêreld voort.
Intussen gaan die son en val die helder reëndruppels
oor die landskappe,
oor die grasvlaktes en die hoë bome,
die berge en die riviere.
Intussen is die wilde ganse, hoog in die skoon blou lug,
weer op pad huis toe.
Wie jy ook al is, dit maak nie saak hoe eensaam nie,
die wêreld roep na jou verbeelding,
roep na jou soos die wilde ganse, hard en opwindend -
oor en oor kondig dit jou plek aan
in die familie van dinge.
Mary Oliver (vrye vertaling na Afrikaans)
Vryheid van verwyt
"Maar die vader sê vir sy diensknegte: 'Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee 'n ring vir sy hand en skoene vir sy voete.' En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen. En sy oudste seun was in die veld, en terwyl hy al nader na die huis kom, hoor hy musiek en beurtsange. En hy roep een van die diensknegte na hom toe en vra wat dit beteken. Dié sê toe vir hom: 'U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het.' En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom. Maar hy antwoord en sê vir sy vader: 'Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit 'n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie. Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag.' Toe sê hy vir hom: 'Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joune. Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind'"
Lukas 15:20,22,25-32.
Wanneer ek in die woestyn kom, deel ek in die grootste en wreedste stuk werklikheid van hierdie lewe: dinge werk nie altyd uit soos ek beplan nie. Die vraag is, wat doen ek dan? Wat doen ek met hierdie pyn? Wat doen ek met hierdie goed wat met my gebeur het, met die bitterheid, met die woede, met die teleurstelling, met die verwyt waarmee ek lewe?
Ek word kwaad. Ek sit met hoë vlakke van aggressie. Ek verwag voortdurend ‘n redder, iemand wat sal kom om reg aan my te laat geskied — om die onreg wat aan my gedoen is weg te neem. En uiteindelik is ek, soos die oudste seun in die gelykenis van die verlore seun, vasgevang in bitterheid: “Ek het so hard gewerk en kyk wat gebeur met my. Die lewe is onregverdig. My drome en dit waarna ek uitgesien het, het nooit waar geword nie. Ek verdien nie dit wat met my gebeur nie.”
Ek word vasgevang. Ek kan nie verder beweeg nie. Ek kan nie aangaan nie.
Die uitnodiging is om te aanvaar, sodat daar ‘n opstanding kan kom. Daar moet ‘n nuwe lewe kom, en dit gaan met pyn gepaard.
Herhaalgebed:
Here, gee my die genade om vry van verwyte te wees.
Scripture
About this Plan

Lydenstyd nooi my om dit wat ek eerder vermy, in die gesig te staar — my verganklikheid, my gebrokenheid, my hartseer en teleurstellings.
More
Related Plans

Journey Through 1 & 2 Peter and Jude

Endurance: God’s Power for Your Weight Loss Journey

Center of It All

His Mission, Our Marriage: Building a Christ-Centered Marriage

Dog Dad Devotions on Leadership, Loyalty and Love

DEPRESSION IS a LIE - a Podcast Series With Dustin Tavella

Relentless Love: Reflections on the Book of Jonah

The Wonder of the Wilderness

The Gospel According to Mark: Jesus the Suffering Servant
