KykNET Lent GidsSample

Vrede
"EN toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Jesus gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle! En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees. As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou"
Johannes 20:19,22-23.
Ek groei in vryheid van verwyte wanneer ek in vrede groei. Ronald Rolheiser praat in sy boek The Holy Longing oor hoe ons met die lewe vrede kan maak:
- Gee jou wil en drome en hoop aan God oor.
- Noem die dinge in jou lewe op wat geëindig het.
- Wag in stilte en verwagting vir God om iets nuuts te doen terwyl jy besig is om oor jou verlies te rou.
- Sien die geboorte van nuwe lewe raak.
- Laat vaar wat jy verloor het.
- Laat toe dat jy geseën word deur die gawes van die verlede en pas aan by die nuwe werklikheid.
- Ontvang van die Gees van God die lewe wat jy nou leef.
Wanneer ek deur hierdie kringloop gaan, kan ek oop wees om God se Gees te ontvang vir die lewe wat ek nou werklik leef, nie vir die lewe wat ek gedink het ek wou leef of vir die lewe wat ek sou geleef het as my omstandighede anders was nie.
Herhaalgebed:
Here, gee my die genade om vry van verwyte te wees.
Scripture
About this Plan

Lydenstyd nooi my om dit wat ek eerder vermy, in die gesig te staar — my verganklikheid, my gebrokenheid, my hartseer en teleurstellings.
More
Related Plans

BEMA Liturgy I — Part D

Dare to Dream

Uncharted - Navigating the Unknown With a Trusted God

Loving Well in Community

Receive

Stop Hustling, Start Earning: What Your Rest Reveals About Your Relationship With God's Provision

21 Days of Fasting and Prayer - Heaven Come Down

The Way to True Happiness

The Otherness of God
