YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Inspirasie-oomblikkeSample

Inspirasie-oomblikke

DAY 7 OF 7

“Wees wie jy is” Ek kan nie fluit nie. Ek kan ook nie grappe vertel nie; ek kan dit nie eers onthou nie. Jy sal my elke keer kan vang met die punch line. Ek is nogal skaam en hou glad nie daarvan as iemand my op die spot plaas nie. Ek is ’n “pliggie” met ’n oordrewe pligsbesef, geweldig verantwoordelik. Ek kan nogal vervelig wees, maar ek is optimisties, passievol en goedgelowig. Ek glo regtig die beste van mense! Ek het deur die jare gevind ek gesels die beste met die Here deur sy Woord te bestudeer en my gedagtes neer te skryf. Ek is baie lief vir musiek wat my help om my gedagtes te rig op hoe groot God is in vergelyking met my klein wêreldjie se detail. Dis wie ek is. Ek het ook ’n redelike idee wie ek nie is nie, maar durf myself nie inboks nie, want ek glo niks is vir God onmoontlik nie. As Hy mense stuur vir ’n sekere taak, sal Hy hulle ook bekwaam daarvoor. Is dit nie ’n bietjie wintie om sommer so te sê wie jy is of waarin jy goed is nie? Ek het lank so gedink, tot ek besef het: Ek het nie myself so gemaak nie – God het, en wat ek het, is vir my gegee om Hom te verheerlik en die mense om my te dien met my beste. Dit beteken ek moet tog weet wat is my beste. Wanneer Paulus die gemeente van Korinte leer oor die gawes van die Gees, sê hy: “Aan elkeen afsonderlik word ’n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal” (1 Kor 12:7, Bybel in Afrikaans 1983/1992). Dit word eintlik vir jou gegee vir die mense om jou se onthalwe. Maar as jy nie weet wat hierdie spesiale gawes is nie, hoe sal jy ander daarmee kan dien? Dit gaan nie oor my nie! Ek is gebore om God te verheerlik! Soos wat ek is wie God my gemaak het om te wees, gee ek eintlik vir ander ook die ruimte en vrymoedigheid om te wees wie God hulle gemaak het om te wees. Aanvaar en wees regtig lief vir hierdie mens wat God jou gemaak het om te wees. Woeker en werk om die beste jy te wees wat jy kan wees. En doen dit alles tot God se verheerliking en tot opbou en voordeel van die mense om jou. Hierdie oordenking is geneem uit 101 INSPIRASIE-OOMBLIKKE deur Lindie Strydom © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Day 6

About this Plan

Inspirasie-oomblikke

Soms stuur die lewe situasies oor jou pad wat eintlik kosbare groeigeleenthede is ... jy moet net deur die regte bril daarna kyk. Dit is soms ’n alledaagse gebeurtenis, soos om in ’n ry te wag. Leer dit raaksien en gebru...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy