YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Inspirasie-oomblikkeSample

Inspirasie-oomblikke

DAY 1 OF 7

“Jesus se altyd tyd-voorbeeld” Ek het gehoor van ’n vrou wat haar goue horlosie in die kollektebordjie gegooi het. Die mense wat die geld moes tel ná die tyd het aanvaar die horlosie het van haar arm afgegly toe sy haar geld ingegooi het. Groot was almal se verbasing toe die eienaar van die horlosie uiteindelik opgespoor is en sy bevestig dat die horlosie in die kollektebord ’n stap van gehoorsaamheid was en ’n gebaar om eintlik haarself vir die Here te gee: “Ek wou my horlosie gee, want my tyd besit my, dit dryf, druk en jaag my. Om nog ’n keer geld te gee, sou my nie geraak het nie. Om my tyd te gee, was die beste offer of opoffering wat ek daardie dag kon maak, want as ek my tyd gee, gee ek myself!” Ek gee my tyd, ek gee myself, ek gee my lewe. Om my tyd te gee, is om myself te gee – om my lewe te gee! Dit werk eintlik soos sinonieme: TYD en LEWE. Kyk ’n bietjie na die mense om jou. Altyd besig, altyd aan die jaag, met min tyd en baie oortyd, moeg en moedeloos, oorlaai en oorwerk. Ons lewens is so vol en tog so leeg! Daar is soveel uitbranding en depressiegevalle. Ons kop kan dalk nog die pas probeer volhou, maar ons liggaam gooi handdoek in – dis nie gebou vir hierdie konstante vloei van adrenalien nie! In sterk kontras met ons gejaagdheid en vreeslik baie aktiwiteite in ’n soeke na sekuriteit en stabiliteit, stel Jesus vir ons ’n “altyd tyd”-voorbeeld. Dit wys dat ’n mens kan stilstaan by die belangrikste dinge al is jy besig, want Jesus was ook besig soos ons kan sien in Markus 1:32-33: “Die mense wou Jesus net nie met rus laat nie. Tot na donker was Hy nog besig. Die dorpsmense het voor die huis saamgedrom met al die siekes en mense wat in die greep van bose geeste was.” Mense het na Jesus toe gekom met ’n verwagting dat Hy sal help en genees – en Hy het! Jesus het nie meer of minder tyd gehad as wat ons het nie. Hy was nie minder besig as wat ons glo ons is nie, maar sy kapasiteit om ten spyte van en ten koste van Homself te kan stop en sien en reageer, groei vanuit sy intimiteit met sy Vader wat eenvoudig prioriteit was. Hierdie oordenking is geneem uit 101 INSPIRASIE-OOMBLIKKE deur Lindie Strydom © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Scripture

Day 2

About this Plan

Inspirasie-oomblikke

Soms stuur die lewe situasies oor jou pad wat eintlik kosbare groeigeleenthede is ... jy moet net deur die regte bril daarna kyk. Dit is soms ’n alledaagse gebeurtenis, soos om in ’n ry te wag. Leer dit raaksien en gebru...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy