YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Inspirasie-oomblikkeSample

Inspirasie-oomblikke

DAY 2 OF 7

“Ergste of beste?” Ek is nie bang vir vlieg nie. Ek is versigtig. Ek dink dit is ’n uitstekende tyd om seker te maak jou saak met God is reg – jy is nou so naby aan die hemel … Dis eintlik meer die “official looking people” in plekke soos Israel, Rusland en Nigerië wat my senuweeagtig maak. Boonop het ek ’n ongelooflike verbeelding en kyk heeltemal te veel flieks. Ek is bang ek lyk bang of soos ’n skelm, en sê nou hulle wil my nie uit die land laat uitgaan nie? Op die ou end werk ek my so op, ek is papnat gesweet en lyk of ek minstens 10 kilogram se dwelms invoer, ’n nasionale monument gesteel het of met ’n ebolakoors in die land inkom. "Worst case" se oorsprong is vrees, en die vrug daarvan is ook vrees wat ons letterlik gevange hou om nooit die planne wat God vir ons in gedagte het te gaan verken nie. "Worst case" is om bang, angstig, pessimisties, krities en skepties te wees. Waar jy eers net “fout vind” begin jy “fout soek” met alles en almal, en as jy soek, sal jy vind! Daar is egter ook ’n teenstelling in Spreuke 10:24: “Maar hulle wat die Here liefhet, se wense word waar.” Of soos die Bybel in Afrikaans 1983/1992 dit stel: “Wat die goddelose vrees, kom hom oor; wat die regverdige begeer, gee God hom.” God sorg soos ’n goeie Vader vir sy kinders. Hy weet wat ons nodig het en Hy gee dit, soos ons in Spreuke 10:25, 27-28 sien: “Wanneer die ellende soos ’n storm kom wat alles wil vernietig, kan ’n goddelose dit nie baasraak nie. Hy stort heeltemal in duie. Maar die gelowige kan enige krisis te bowe kom. Ongelowiges se lewens is kort en vol angs. Dit waarop die gelowiges hoop, word waar.” Ek wonder of die "worst case" pessimis, wat altyd die ergste verwag, ’n "best case" dag sal kan hanteer? Ek dink hy skrik hom boeglam! Ons dien die God vir wie niks onmoontlik is nie. Soek Hom en vind Hom en word verras deur sy beste wat Hy vir jou wil gee. Hierdie oordenking is geneem uit 101 INSPIRASIE-OOMBLIKKE deur Lindie Strydom © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Day 1Day 3

About this Plan

Inspirasie-oomblikke

Soms stuur die lewe situasies oor jou pad wat eintlik kosbare groeigeleenthede is ... jy moet net deur die regte bril daarna kyk. Dit is soms ’n alledaagse gebeurtenis, soos om in ’n ry te wag. Leer dit raaksien en gebru...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy