YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Inspirasie-oomblikkeSample

Inspirasie-oomblikke

DAY 4 OF 7

“Pak die bul by die horings!” Ons wens dikwels die lewe se rowwe tye was soos ’n “mechanical bull”. Wanneer jy so ’n bul ry, ruk hy jou so ’n paar keer rond terwyl jy kyk hoe lank jy kan vashou, en almal lag hulle slap. Jy weet iemand gaan enige oomblik die stop-knoppie druk sodat die volgende ou ’n beurt kan kry, en as jy afval, is dit op sagte spons reg rondom die speel-speel bul. Maar in die regte lewe is ons eerder in ’n arena met ’n kwaai gedierte wat aanhoudend op ons afstorm. Ek was nie heeltemal voorbereid daarop nie. Ek het nie die tawwe tye verwag nie! M. Scott Peck skryf in sy boek THE ROAD LESS TRAVELLED: Die lewe is moeilik. Die lewe is eintlik een lang probleem wat opgelos moet word. As ons dit net eers verstaan en aanvaar, is die lewe nie meer moeilik nie. Wat die lewe moeilik maak, is die proses om hierdie probleme te konfronteer en op te los. Die lewe kry betekenis soos ons probleme teëkom en oplos, want probleme roep ons dapperheid en wysheid na vore. Dít is hoe ons groei en leer. M. Scott Peck sê dit sodat ons realisties kan wees, want as jy probleme begin sien as ’n geleentheid en soms selfs as ’n geskenk, dan gryp jy dit aan en jy gebruik dit! Hou vas aan Paulus se woorde in Romeine 5:3-5: “Al kry ons nou baie swaar, vat dit glad nie ons blydskap weg nie. Allesbehalwe. Ons weet mos dat swaarkry ons vorm en slyp om nog meer op God te vertrou. En wanneer ons onverskrokke op God vertrou, help dit ons om ’n sterk Christelike karakter te vorm. En ’n sterk Christelike karakter maak dat ons deur dik en dun glo dat God se nuwe wêreld op ons wag. Wanneer ons al ons hoop op God stel, sal ons nooit teleurgesteld wees nie. Want Hy vul ons lewens elke dag met sy liefde.” Ek kan nie vir ewig die bul probeer "side step" en dink hy gaan nie weer terugkom nie. Pak die bul by die horings – gryp die groeigeleentheid met al twee hande aan. Spring op sy rug en ry hom tot sy gô uit is! Hierdie oordenking is geneem uit 101 INSPIRASIE-OOMBLIKKE deur Lindie Strydom © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Day 3Day 5

About this Plan

Inspirasie-oomblikke

Soms stuur die lewe situasies oor jou pad wat eintlik kosbare groeigeleenthede is ... jy moet net deur die regte bril daarna kyk. Dit is soms ’n alledaagse gebeurtenis, soos om in ’n ry te wag. Leer dit raaksien en gebru...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy