Spreuke – eenjaarleesplanSample

Vers 15: ‘n Goddelose tiran breek ‘n arm volk. Hy is soos 'n brullende leeu en 'n beer wat op jou afstorm. Dié ongelukkige toedrag van sake was nie net die kruis van menige weerlose volkere in die verlede nie, maar bly die enkele grootste oorsaak van ellende in ons eie tyd regdeur die wêreld. Dit is natuurlik ook nie net leiers as sodanig wat daarvoor verantwoordelik is nie, maar die onderdrukkende ideologiese stelsels - polities, ekonomies, en godsdienstig - wat hulle skep en in stand hou.
Vers 16: Onverstandige leiers breek ‘n volk. ‘n Gebrek aan verstandigheid by 'n leier (prins/vors) veroorsaak verdrukking en omgekeerd: 'n leier wat 'n wrede verdrukker is, het 'n gebrek aan verstandigheid. Die leiers wat egter onregverdige wins haat, skep 'n toekoms.
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

7 Days to Fall in Love With Jesus – Jean-Luc Trachsel

Helping Your Kids Know God's Good Design

Be Fruitful

Living LifeWise: The Good Samaritan

Spiritual Portals

THE PRAYER of JABEZ

God With Us: Lessons From the Incarnation

Victory Is Yours: Overcome Life’s Challenges God's Way

Letting Go of Your Past
