YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 328 OF 365

Vers 12: Regverdigheid dwing respek af, goddeloosheid nie. Regverdigheid bring blydskap en trek mense aan. Goddeloosheid skrik hulle egter af. Dit is eintlik regdeur die lewe só. ‘n Regverdige se gedrag is altyd bewonderenswaardig, al dink jy nie eens presies soos hy nie. Regverdigheid dwing ‘n universele bewondering af. Die teendeel is waar van goddeloosheid. Waar goddeloses hulle mag en gesag op 'n onregverdige wyse afdwing, kry ander seer en word hulle vryhede ingeperk. Die feit dat mense in hulle spoor moet trap waar onregverdiges aan bewind is, maak hulle op geen manier geliefd nie. Hulle dwing geen respek af by dié wat deur hulle verdruk word nie.

Vers 13: Sondebelydenis en bekering bring genade. "Sonde wat weggesteek word, is blywend" (Kidner). Om jou sonde weg te steek, verander niks nie, en stel eintlik net die onvermydelike ontbloting uit. Dit ontsê jou in elk geval die genade wat moontlik is as jy eerlik erken wat verkeerd is, en dan daarvan afstand doen. Dit is ‘n universele geestelike beginsel, iets waarop die hele Bybelse boodskap van God se genade gefundeer is (Psalm 32:1-4; 1 Johannes 1:6-9).

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More