YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 3 OF 365

Die “eerste lewensles” van die pa aan sy seun leer, is dat sondaars se rebellie teen God se wil in die dood eindig. Net God se pad red jou vir die lewe. Let op hoe die eerste twee perikope (Spreuke 1:1-7 en 1:8-19) ooreenkom met die eerste gebod van die wet: "Jy mag naas My geen ander gode hê nie" (Eksodus 20:3) en "Eer jou vader en jou moeder" (Eksodus 20:12). Die boek Spreuke kan dus gesien word as ’n uitgebreide uitleg van alles wat in die Tien Gebooie as die hart van God se wil vir die volk uitgespel is. Trouens, Jesus beskou hierdie twee sake, naamlik om God lief te hê en jou naaste soos jouself, as die hart van sy eie lering (Matteus 22:37-40). Die boek Spreuke is dus ’n wonderlike praktiese uitleg van die wet en 'n boek waarin ’n mens die sin van Jesus se onderrig ’n hele paar eeue voor Hy met sy bediening sou begin, kan raaksien. Let op hoe die pa die alternatief uitspel. As ’n mens nie met God begin nie en as jy nie die invloed van rolmodelle respekteer nie, sit jy jou voet op ’n pad waar jy min weerstand teen die verleiding van misdaad en geweld gaan hê. Dit is die gevaar van ’n lewe waar jy nie bewustelik saam met God lewe nie en jou afsonder van die geborgenheid van die primêre verhoudingsruimte, die gesin en familie, sowel as van die geloofsgemeenskap. Jy raak te maklik die enigste oriënteringspunt vir jou norme en waardes. Die verleiding van onafhanklikheid en selfverryking ten koste van jou verhouding met God en jou gemeenskap, moet dus ten alle koste vermy en teengestaan word. Die uiteinde daarvan is die dood. Dink na oor hoe dit op situasies in jou eie lewe van toepassing is.

Scripture

Day 2Day 4

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ont...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy