Spreuke – eenjaarleesplanSample

Die wysheid word in die tweede plek bevestig deur die ervaring van mense soos ouers en ander gelowige rolmodelle, wat die pad met die Here stap. Dit sluit mense in soos jou pa, jou ma en ander gesagsfigure.
Jy moet dus ook na hulle luister om wysheid te bekom. Wysheid — van God en van rolmodelle — is vir die pa soos ‘n vrou wat roep en op wie jy jou ore fyn moet instel (Spreuke 1:20-33). Hierdie metafoor word ook in ander wysheidstradisies gebruik. Dink byvoorbeeld aan Atene en Minerva, die simbool van wysheid in onderskeidelik die latere Griekse en Romeinse tradisies. Minerva is baie keer met ‘n uil uitgebeeld.
Lees hierdie gedeelte dus as ‘n belofte dat jy insig, wysheid en onderrig sal ontvang as jy in ontsag en ontvanklikheid vir God se leiding lewe en luister na wyse rolmodelle. Bid dat die Here self jou oë al hoe meer vir wysheid in sy Woord en in mense wat daarvolgens lewe, sal oopmaak.
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

Engaging in God’s Heart for the Nations: 30-Day Devotional

Live Well | God's Plan for Your Wellbeing

Filled, Flourishing and Forward

All That Glitters: What the Bible Teaches Us About Avoiding Financial Traps

Our Father...

THE BRAIN THAT SEEKS GOD: Neuroscience and Faith in Search of the Infinite

EquipHer Vol. 26: "How to Break the Cycle of Self-Sabotage"

Small Yes, Big Miracles: What the Story of the World's Most Downloaded Bible App Teaches Us

No More Mr. Nice Guy: Saying Goodbye to Doormat Christianity
