YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 17 OF 365

As deel van hierdie vierde lewensles gee die pa vyf praktiese voorbeelde in verse 21-35 as riglyn vir beide sy seun se persoonlike karakter as sy openbare optrede . In die openbare lewe gaan dit oor beide sy sosiale verantwoordelikheid teenoor dié wat in nood is as oor die manier waarop hy sy eie staanplek in die lewe verwerf. Die punt wat die pa maak, is dat die mag wat 'n mens het, veral tot voordeel van diegene wat minder bevoorreg is as jy aangewend moet word, en terselfdertyd ook nie tot die nadeel van dié wat jou gelyke of jou meerdere is nie. Die eerste praktiese voorbeeld is om met takt (respek) en oorleg op te tree, want dit is presies op dié manier waarop die Here jou sal beskerm. Hierdie soort wysheid gee lewe en sekuriteit. Dit verdryf die vrees en laat jou rustig slaap. Koester die belofte in vers 26: "want die Here sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik." (AFR83)
Day 16Day 18

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ont...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy