YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

’n Lewenspad vol vreugdeSample

’n Lewenspad vol vreugde

DAY 6 OF 7

### Optimisme In my tienerjare en my 20’s was ek dikwels aangevuur deur ’n onblusbare optimisme en ’n onwankelbare geloof dat die toekoms beter sal wees as die verlede. Deesdae weet ek die toekoms is nié altyd beter as die verlede nie – veral as ons dink beter beteken gelukkiger of in pas met wat ons dink die beste sal wees. Maar soms ís die toekoms gelukkiger. Ek sou selfs sê dit is mééstal gelukkiger. En ’n toekoms wat aan God oorgegee is, is groter, ryker, dieper, breër en fantasties kleurvol buite die lyne ingekleur. Moenie moed opgee nie. Elke doelgerigte tree, met die een voet voor die ander, sal jou uitbring by die volgende asem­rowende uitsig – en uiteindelik by die ewigheid. Jesus, ek kan nie wag om U in my toekoms te ontmoet nie! Amen.

Scripture

Day 5Day 7

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy