YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

’n Lewenspad vol vreugdeSample

’n Lewenspad vol vreugde

DAY 3 OF 7

### Onbuigsaam buigsaam Om uit ons gemaksone te beweeg en ’n avontuursone binne te gaan maak ons opnuut ontvanklik vir eenvoud en buigsaamheid. Dit herinner ons dat ons onbuigsaam behoort te wees ten opsigte van die belangrike dinge, en heeltemal buigsaam ten opsigte van die ander dinge. As Jesus-volgelinge moet ons ons verhoudings ons hoogste prioriteit maak en onbuigsaam wees in ons liefde vir God en mense. Maar ons moet buigsaam wees ten opsigte van hoe ons koffie gemaak word. Ons moet buigsaam wees met die kinders en ons nou en dan nie so ontstel oor die wanbalans tussen groente en malvalekkers in hulle dieet nie. Oorweeg dit om jouself toe te laat om buigsaam te wees om die vryheid van onbegrensde geluk te ervaar. Jesus, help my om onbuigsaam te wees in my voorneme om meer buigsaam te wees en die avonture rondom my te geniet. Amen.

Scripture

Day 2Day 4

About this Plan

’n Lewenspad vol vreugde

Voel jy soms asof jy skaars van dag tot dag oorleef? Nou is die tyd om nie net te probeer oorleef nie, maar om elke dag te floreer! Hierdie sewe vreugdevolle mini-oordenkings deur Dalene Reyburn sal jou help om daagliks ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy