YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

’n Lewenspad vol vreugdeSample

’n Lewenspad vol vreugde

DAY 2 OF 7

### Coram Deo Carpe diem – gryp die dag – het oor millennia heen die siening geword van mense wat voluit en met entoesiasme leef. Maar soms wanneer ons die dag vasgryp, offer ons wysheid op die altaar van begeerte. Daar is ’n mooier lewensiening wat ons kan volg: coram Deo . Dit beteken “in die teenwoordigheid van God”. Dit beskerm die koers van ons lewe deur ons te stuur in die rigting van wysheid eerder as hedonisme, adrenalien of ’n behoefte om onsself te bewys. Om voor die aangesig van God, coram Deo , te leef is waar ek wysheid leer. Gou is dit die vrug van die Gees, vrede, vreugde en liefde, wat in my lewe na vore kom. Voor die aangesig van God, blom ek. In die hebsug na meer, verlep ek. Here, help my om ten volle te leef, maar herinner my ook om altyd in u teenwoordigheid te leef, waar ek werklik vir ewig sal leef. Amen.

Scripture

Day 1Day 3

About this Plan

’n Lewenspad vol vreugde

Voel jy soms asof jy skaars van dag tot dag oorleef? Nou is die tyd om nie net te probeer oorleef nie, maar om elke dag te floreer! Hierdie sewe vreugdevolle mini-oordenkings deur Dalene Reyburn sal jou help om daagliks ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy