YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

’n Lewenspad vol vreugdeSample

’n Lewenspad vol vreugde

DAY 4 OF 7

### In die dryfsand Ons oordryf nie as ons sê ons is op pad na moeilike dae nie. En dit sal groot inspanning van ons verg om nie ons vreugde in hierdie donker tyd te verloor nie. Dit is egter ’n stryd wat die moeite werd is om te stry, want dit wys dat ons as gelowiges anders is. Die wêreld behoort na ons lewe te kyk en te sê: “Daar is iets vreemds – en aanlokliks – aan daardie Jesus-mense. Dit lyk of hulle, soos ons, in die dryfsand wegsink. Maar hulle het nie hulle hoop verloor nie.” Die heel grootste geskenk wat ons aan die volgen­de geslag kan gee, is om nie toe te laat dat hierdie ingewikkelde tye – polities, ekonomies, ideologies en kultureel – ons kinders skend nie. Ons kan hulle laat besef dat hulle nie vir die dood óf vir die lewe bang hoef te wees nie. Here, selfs terwyl die modder tussen my tone deur krul, verklaar ek dat U my blydskap vir die lewensreis voorsien. Amen.

Scripture

Day 3Day 5

About this Plan

’n Lewenspad vol vreugde

Voel jy soms asof jy skaars van dag tot dag oorleef? Nou is die tyd om nie net te probeer oorleef nie, maar om elke dag te floreer! Hierdie sewe vreugdevolle mini-oordenkings deur Dalene Reyburn sal jou help om daagliks ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy