YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

’n Lewenspad vol vreugdeSample

’n Lewenspad vol vreugde

DAY 5 OF 7

### Hardloop en gaan vertel Moenie bekommerd wees oor hoe God jou sal versorg of hoe Hy jou na ’n betekenisvolle lewe sal lei nie. Alles sal op die regte tyd gebeur. Weet net die Here weet alles van jou af – soos Hy alles van die Samaritaanse vrou geweet het. Hy draai sy oë nie een sekonde van jou lewe af weg nie. Hy was daar elke keer wat ie­mand jou seergemaak of geminag het. Hy was daar toe jy daardie telefoonoproep ontvang het. Daardie diagnose. Hy hou boek van al jou hartseer en pyn. Hy vang al jou trane op (Ps. 56:9). En – hoe wonderbaar­lik! – Hy het iets in jou begin doen: die goeie werk wat Hy sál voltooi (Fil. 1:6). Jesus, ek is so bly dat ek weet U ken my deur en deur. Dit bring my in beweging om ’n verskil te gaan maak. Amen.

Scripture

Day 4Day 6

About this Plan

’n Lewenspad vol vreugde

Voel jy soms asof jy skaars van dag tot dag oorleef? Nou is die tyd om nie net te probeer oorleef nie, maar om elke dag te floreer! Hierdie sewe vreugdevolle mini-oordenkings deur Dalene Reyburn sal jou help om daagliks ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy