YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

BibleProject | Advent OordenkingsSample

BibleProject | Advent Oordenkings

DAY 3 OF 28

Optimisme kies om te sien hoe omstandighede ten beste kan uitwerk. Bybelse hoop is egter nie op omstandighede gebaseer nie. Om die waarheid te sê, hoopvolle mense in die Bybel staar dikwels moeilike tye in die gesig met geen bewyse dat dinge beter sal word nie, maar hulle kies in elk geval hoop. Israel se profeet Miga het byvoorbeeld geleef te midde van ongeregtigheid en boosheid, maar na God gekyk vir hoop. Lees: Miga 7:6-8 Reflekteer: Let op wat is sommige van die probleme wat Miga in vers 6 lys en hoe hy in vers 7 en 8 reageer. Wat is sommige van die probleme rondom jou op die oomblik? Hoe bemoedig of daag Miga se antwoord jou vandag uit? Neem 'n oomblik om Miga se gebed tot God self te bid. Hy hoor jou.

Scripture

Day 2Day 4

About this Plan

BibleProject | Advent Oordenkings

BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflek...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy