YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Meer As KoraleSample

Meer As Korale

DAY 4 OF 7

Meer oor geestelike en liggaamlike krag Geestelike krag: Kom ons kyk op ’n afstand na die prentjie van die vrou van Spreuke 31:10-31 se innerlike eienskappe wat haar keer om moed op te gee, uit te sak of op te hou streef na die doel om te wees en te doen wat God van haar vra. God se pragtige vrou is … ·  deugsaam – sy is ’n knap vrou (31:10). ·  eerlik – haar man vertrou haar ten volle (31:11-12). ·  hardwerkend – sy werk van sonop tot sononder om haar sakebelange te bestuur en haar ondernemings uit te brei (31:13-19, 21-22, 24, 27, 31). ·  spaarsamig – haar vaardighede met geldsake stel haar in staat om haar geliefdes te versorg en nog meer grond te koop (31:14, 16). ·  sterk van karakter – sy pak die uitdagings van die lewe (en die dood!) met onwankelbare moed aan (31:20, 26). ·  barmhartig – deernis met en hulp aan die armes staan voorop in haar lewe en liefdevolle woorde vloei oor haar lippe (31:20, 26). ·  wys (31:26). ·  gelowig – sy het die Here met haar hele hart lief (31:30). Hierdie innerlike eienskappe stel God se pragtige vrou in staat om haar lewe, haar tyd, haar geld, haar mond, haar huis, haar verhoudings en haarself goed te bestuur. Liggaamlike krag: Wanneer ons die munt van ons definisie omdraai, sien ons haar lewe vereis ook liggaamlike krag en energie. Kyk net na die pragtige én sterk vrou van Spreuke 31 terwyl sy werk. ·  Sy is nie bang om met haar hande te werk nie (31:13). ·  Haar hande is bereid om ’n wingerd aan te plant (31:16). ·  Sy kan met ’n spinwiel en ’n weefbalk werk (31:19). ·  Sy werk van vroeg (31:15) tot laat (31:18). ·  Sy versorg die behoeftiges (31:20). ·  Sy weef materiaal om klere vir haar familie, linne vir haar huis en haar eie klere te maak, en om dit as sakevrou ook nog te verkoop (31:21, 22, 24). ·  Sy is nie lui nie en hou toesig oor alles wat in haar huis gebeur (31:27). Hierdie deugsame en flukse vrou het liggaamlike krag nodig om die werk van haar lewe, die werk waarvoor sy so lief is, te doen.
Day 3Day 5

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy