YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Meer As KoraleSample

Meer As Korale

DAY 5 OF 7

Wees geduldig Hoe het God se pragtige vrou so ’n uitsonderlike en buitengewone skat geword, ’n vrou met so ’n sterk en onwankelbare karakter? Kortom, dit het tyd gekos. Niks wat so besonders is, gebeur immers oornag nie. Dit verg … Tyd om God se Woord te lees: Maak dit jou prioriteit om elke dag God se Woord te lees. Wanneer jy tyd maak om in God se Woord te kyk, soos in ’n spieël, sal die lig van sy waarheid jou motiveer om jou lewe tot sy eer te leef. Wanneer jy die Woord van die Here lees, sal Hy dit gebruik om al jou vrese, jou luiheid, jou twyfel en jou sondige gewoontes weg te slyp. God sal sy Woord gebruik om jou te verander in ’n vrou met geestelike krag wat sy skoonheid weerkaats. Tyd om God se Woord te memoriseer: Ontwerp vir jou ’n metode om die Woord te memoriseer. My plan sluit in om die Bybel te leer ken terwyl ek elke dag gaan stap. Dié Bybelverse gee ook aan my die geestelike krag wat ek nodig het om al hoe meer God se soort skoonheid uit te straal. Tyd saam met ander vroue: Omring jou met vroue wat jou sal aanmoedig om geestelik te groei (Tit. 2:3). Ek weet uit ervaring daar is niks soos diep verhoudings met ons susters in Christus nie. Tyd saam met vroue wat dieselfde ingesteldheid as ek het, spoor my aan in my hartsbegeerte om ’n knap vrou met karakter te wees. Tyd om die biografieë van God se geloofsheldinne te lees: Al staan jy elke dag net vyf minute af om die groot geloofsheldinne te leer ken, is dit tyd wat jy goed sal benut. Tyd vir vandag: As ons God se beeldskone vroue wil wees, moet ons vandag reeds hierdie beeldskone vrou begin word. Terwyl ons probeer om ons lewe vandag te leef soos Gód wil hê ons moet, en terwyl ons die karaktereienskappe vestig wat Hý sê vir Hom mooi is, sal ons vandag reeds pragtig en wys wees. En in God se hande sal die môres dan vir hulleself sorg. Tyd oor ’n leeftyd heen: Ek en jy hoef nooit moedeloos of oorweldig te voel weens God se maatstaf vir skoonheid nie. Hy gee immers vir ons ’n hele leeftyd, dag ná dag, om hierdie doelwit te bereik.

Scripture

Day 4Day 6

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy