YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Meer As KoraleSample

Meer As Korale

DAY 6 OF 7

Kosbare edelstene O, om ’n kosbare edelsteen te kan wees wat skitter in die lewe van ander mense! Maar ons moet ’n prys betaal om so kosbaar te kan word, om dié vrou te word “wat meer werd is as edelstene”. So ’n seldsame skoonheid van karakter word nie maklik gebou nie, net soos die edelstene wat ons bewonder nie oornag gevorm word nie. Edelstene is moeilik om te ontgin, en dan moet hierdie ruwe en harde edelstene ook nog gesny, geslyp en gepoleer word. Al die swakplekke, alles wat nie mooi is aan die edelsteen nie, moet weggeslyp word. Dan eers word hierdie edelstene gepoleer om hulle te laat blink en hulle natuurlike glinstering te verhoog, om ligstrale deur hulle te laat val sodat hulle “vuur” kan skep en ’n sprankelende reënboog kan uitstraal. Ons sprankel ontstaan deur ’n soortgelyke proses wanneer ons groter emosionele standvastigheid bereik en ons praktiese vaardighede slyp. Wanneer hierdie twee kernelemente deel van ons lewe vorm, sal ons wat daarna smag om God se pragtige edelstene te wees inderdaad begin skitter. God, jou Meester-Skepper, hou jou hart in sy hande vas. Kyk op in sy oë. Sien sy liefde vir jou. Kies om Hom toe te laat om sy reinigingswerk in jou te doen. Gee die swakpunte in jou lewe wat jou “vuur” wil blus en jou sprankel wil laat verdof aan Hom oor. Vra Hom om jou te help om nie toe te laat dat skadelike emosies jou beheer nie. Doen jou deel om te groei in emosionele standvastigheid en jou vaardighede te slyp. God begeer om hierdie twee kenmerke – jou karakter en die vaardighede wat hierdie karakter weerkaats – in jou te sien. Boonop hou dit soveel waarde vir ander mense in. Laat God toe om sy skoonheidproses in jou te volvoer!
Day 5Day 7

About this Plan

Meer As Korale

Ons almal ken die Spreuke 31-vrou. Daardie pragtige vrou wat meer werd is as edelstene, as asemrowende korale ... Maar moenie geïntimideerd voel nie! Jy kan deur God se genade daardie eienskappe in jouself vestig; een ei...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy