YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

10 Stappe Na Vryheid Van SkuldSample

10 Stappe Na Vryheid Van Skuld

DAY 10 OF 10

[IMAGE CONTENT] Dag 10 – Sneeubal jou skuld Onthou daar is ’n prys om te betaal. Niemand kom toevallig of per ongeluk uit die skuld nie. Volgens die Bybel in Psalm 37:21 is dit die goddelose wat skuld maak en nie terug betaal nie. As kinders van God rus daar ’n verantwoordelikheid op ons om die skuld wat ons aangegaan het terug te betaal. Indien jy ver agterstallig is met jou finansiële verpligtinge, lê jou oplossing in twee woorde, sny en verkoop. Sny jou uitgawes tot op die been, en verkoop alle onnodige – en luukse – dinge. Begin ook deur jou gesindheid teenoor besittings te verander, en soek wyse finansiële berading. Skakel en maak self ’n persoonlike reëling met die skuldeiser. Wees eerlik, realisties en hou by jou reëling. Indien jy nie kan betaal nie, laat weet die skuldeiser. Betaal ekstra indien moontlik. Dit is in die mens se natuur om meer te spandeer sodra hy meer verdien. Dus, indien jy oorweeg om ekstra inkomste te genereer, doen dit om slegs jou skuld te delg met die ekstra geld, en nie om meer te kan koop nie. Nadat jy al jou skuld gelys het, hou aan om die minimum betaling op al jou skuld te betaal ten einde op datum te bly. Dan begin jy by die kleinste bedrag. Betaal jou kleiner skulde – en bedrae met die hoogste rentekoerse – eerste en vinnig af. Elke sent wat in jou begroting oorbly, gaan na die kleinste skuld toe tot dit heeltemal afbetaal is. Verhoog jou terugbetalings en sneeubal jou skuld. Elke rekening wat jy afbetaal, verhoog jou bates en verminder jou laste. Hierdie is ’n moeilike stap, maar moenie stappe oorslaan nie. Moenie oorhaastig raak nie. Bly by die plan. Begin om die kleinste een eerste te betaal en vergroot terugbetalings op die volgende een. Een vir een. Geestelike dissiplines soos gebed, studie, en vas sal ook enorme hulp verleen aan jou doelwit van ’n skuldvrye lewe. Die veiligste is om jouself nooit bloot te stel aan sulke moontlikhede nie. Sou jy egter jouself in so situasie bevind, soek bystand en raad by ’n wyse en godvresende rentmeester. Spreuke 11:14 sê: “... in die veelheid van raadgewers is redding.” Dit is nie God se wil dat ons geld leen en dit nie terugbetaal nie, maak nie saak wat die skuiwergate in die wet is om jou kwyt te skel van jou verantwoordelikheid en aanspreeklikheid nie. Watse ongebruikte item kan jy vandag verkoop, om hierdie sneeubal aan die rol te kry?

Scripture

Day 9

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy