YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

10 Stappe Na Vryheid Van SkuldSample

10 Stappe Na Vryheid Van Skuld

DAY 2 OF 10

[IMAGE CONTENT] Dag 2 – Kry ’n groot genoeg motivering Indien jy wil klaarspeel met skuld, het jy ’n sterk genoeg motivering nodig. Ondersteun die skuld wat jy het jou roeping? Soos onkruid ’n tuin oorneem wat te lank gelos word, neem skuld ook oor as dit nie uitgeroei word nie. Talle maak die fout deur te probeer om onkruid te akkommodeer. Gebruik die negatiewe gevoel van skuld om jou te motiveer om daarmee klaar te maak. Maar laat ook die positiewe van ’n lewe sonder skuld toe om jou te motiveer. Hoe minder skuld jy het, hoe meer tyd het jy vir dinge wat regtig saak maak. Hoe minder skuld jy het, hoe minder is jou stresvlakke. Hoe minder skuld jy het, hoe meer kan jy gee en spaar elke maand. Alles wat jy doen – en op skuld koop – het ’n effek in jou toekoms. Dit is soos ’n klip wat jy in ’n dam gooi, die klip het lankal gesink tot op die bodem maar die kringe op die oppervlak raak groter en groter. Hou dus op om vandag foute te maak waar jy eers môre die nagevolge gaan ervaar. Sommiges het in skuld verval as gevolg van hebsug en hulle begeerte om ‘in te pas’ en/of om ander te beïndruk. Ander is weer vasgevang omdat hulle finansieel swaar trek en nie ’n ander uitweg gesien het nie. Hoe dit ookal sy, skuld bly ’n euwel en die Bybel in Spreuke 6:5 raai ons aan om uit skuld se greep te ontsnap: “Red jou uit sy mag soos ’n wildsbok uit ’n strik, soos ’n voëltjie uit die net van ’n voëlvanger.” My vraag aan jou is, is die skuld wat jy het tans besig om jou roeping te ondersteun?

Scripture

Day 1Day 3

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy