YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

10 Stappe Na Vryheid Van SkuldSample

10 Stappe Na Vryheid Van Skuld

DAY 5 OF 10

[IMAGE CONTENT] Dag 5 – Hou op om jouself met ander te vergelyk Die begeerte om ‘by te bly’ deur middel van luukshede gaan jou skuld en uitgawes hoog hou en jou forseer om in die ritme te bly waarin jy tans is – om daardie lewenstyl van valse sukses te handhaaf. Al vergelyking wat jy moet maak is jou waardestelsel teenoor God se Woord. Wees dankbaar vir al die seëninge wat jy reeds het, en fokus eerder daarop. Om Christus te dien het niks te doen met hoe hoog jy jou inkomste kan kry nie, maar alles met getrouheid en gehoorsaamheid. In Romeine 12:2 staan daar: “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei tussen wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.” Ons is nie geroep om soos hierdie wêreld te lyk, praat of leef nie. Hoor wat sê die Bybel in 2 Korintiërs 10:12 oor die wat hul lewenstyl met ’n ander vergelyk: “Maar omdat hulle hul met hulself meet en met hulself vergelyk, is hulle onverstandig.” Dit is die onverstandiges, diegene sonder begrip, wat hul lewens met ander vergelyk. In watter areas in jou lewe probeer jy ‘bybly’ met die res van die samelewing?
Day 4Day 6

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy