10 Stappe Na Vryheid Van SkuldSample


Dag 7 – Herken die vyand vir wie en wat hy is
Die Satan is uit om jou te vernietig. In 1 Petrus 5:8 staan daar: “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.”
As baie geld en besittings jou vernietig gaan hy sy beste doen om baie geld by jou uit te kry. As slawerny in skuld – wat jou weerhou van God se spesifieke en unieke plan vir jou lewe – jou gaan vernietig, dan sal die vyand alles in sy mag probeer om jou in slawerny te hou.
Moet ook nooit vergeet dat ons in ’n oorlogsituasie, ’n geveg is nie. In 2 Timoteus 2:3-4 staan daar geskrywe: “Dra jou deel van die ontberings soos ’n goeie soldaat van Christus Jesus. ’n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie.”
Verder sê die Skrif in Efesiërs 6:12: “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.” Die vyand wil jou vernietig, waak en wees wakker.
Waar in jou finansiële lewe probeer die vyand jou vernietig?
Scripture
About this Plan

Die Bybel raai ons aan om los te kom van skuld. In hierdie plan word die tien stappe na 'n skuldvrye lewe bespreek.
More
Related Plans

The Mission | the Unfolding Story of God's Redemptive Purpose (Family Devotional)

Healing the Soul From Emotional Ills

And His Name Will Be the Hope of the World

God vs Goliath: The Battle Before the Battle

Refresh Your Soul - Whole Bible in 2 Years (3 of 8)

WORSHIP: More Than a Song

Making the Most of Your Marriage; a 7-Day Healing Journey

The Mission: Every Nation Prayer & Fasting

Refresh Your Soul - Whole Bible in 2 Years (1 of 8)
