YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

10 Stappe Na Vryheid Van SkuldSample

10 Stappe Na Vryheid Van Skuld

DAY 9 OF 10

[IMAGE CONTENT] Dag 9 – Begin ’n noodfonds Teen dié tyd het jy jou leefstyl vereenvoudig en ’n begroting opgestel, nou is dit tyd om geld opsy te sit vir die onverwagte gebeurtenisse van die lewe. Die volgende stap is om ’n noodfonds te begin. Dit is dood eenvoudig geld wat eenkant gesit word vir ’n noodgeval. Hierdie geld word nie belê met die doel om rente te verdien nie, ’n noodfonds is om geld veilig te bewaar sodat jy dit onmiddellik kan onttrek indien nodig. In die boek Spreuke 6:6-8 leer die Here ons om met wysheid om te tree as dit by geld kom, daar staan: “Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys! Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie, maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd.” In hierdie lewe gaan ons winter seisoene kry. Dit gaan reën, en jy het ’n dak nodig. Onvoorsiene probleme gaan kom, jy moet voorbereid wees. Daarom is dit belangrik om geld in ’n rekening te hê vir hierdie onvoorsiene uitgawes. ’n Noodfonds bring verder ’n mate van stabiliteit en vrede oor jou en jou finansies. Die hoop en wete van ’n uitkoms, van ’n beter finansiële toekoms, van die feit dat jy beheer oor jou finansies begin kry. Geld het jou altyd beheer maar nou begin jy die oorhand kry, en dit – beheer oor geld – is wat vrede in jou lewe inbring. Is jy voorbereid vir die onvoorsiene finansiële uitgawes in hierdie lewe?

Scripture

Day 8Day 10

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy