Kom ons wees eerlik. Hierdie hele Corona-virus-ding het baie mense ontsenu. Die wêreld is in ‘n toestand van paniek. Hoe hanteer jy dit regtig?
Wanneer al die berigte wat jy oor die nuus hoor, jou vertel hoe sleg dinge gaan ... aandeelmarkte stort ineen, aftree-spaargeld verdamp en ondernemings moet hulle deure sluit ... dan is dit maklik om saam met die stroom te gaan. Dit is maklik om paniekerig te raak.
Ja, ons weet dat God in beheer is, ons ken die teorie. Ons weet dat ons meer geloof moet hê, maar nou ja ... jy weet ...
Koning Dawid moes baie gevare in sy lewe trotseer. Maar toe hy vir sy lewe gevrees het, het hy die volgende gesê:
Ek het die Here aangeroep, en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare.
Ek glo met my hele hart dat dit is wat God vandag vir jou sê. Roep na die Here. Hy sal jou antwoord. Hy sal jou verlos van al jou vrees.