In hierdie tyd het die meeste kerke hul gewone Sondagdienste gekanselleer. Mense bly tuis, slegs lang toue by die supermarkte en selfs die strate is stiller. Hoe hanteer jy dit alles? Hm?
Jy kan my maar as mal bestempel, maar terwyl almal in 'n dop van eiebelang en selfbeskerming terugtrek ... dink ek dat ek en jy 'n groot geleentheid het.
Wat die wêreld nou nodig het, is dat Christene moet opstaan; en met 'n kalm, rustige vertroue die hoop wat ons in Jesus Christus het, te deel.
Maar laat ek jou ‘n geheim vertel, as die mense wat jou ken, die vertroue wat jy het, die versekering wat jy het, die vrede van jou hart, sien ... sal hulle wil weet waar dit vandaan kom.
Kom dan, terwyl die res van die wêreld paniekerig raak, wees jy Christus vir hulle. Wees lief vir hulle, bemoedig hulle, lei hulle, vertel hulle ... van hierdie Jesus wat gesterf het en weer opgestaan het ... vir hulle.