YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Geloof in plaas van Vrees tydens die Pandemie Sample

Geloof in plaas van Vrees tydens die Pandemie

DAY 5 OF 5

# Die Krag van Gebed Gebed is vir die meeste mense die allerlaaste uitweg as hulle in nood verkeer. Ek en jy kan seker wees dat daar nou baie meer mense bid as voor die Coronavirus uitbraak. En tog was gebed nooit bedoel om slegs 'n laaste uitweg te wees nie. Die verrassende ding is dat, wanneer jy die Bybel lees, ontdek jy dat die enigste soort gebed waarvan die Bybel praat, die soort is, wat kragtige resultate lewer. Ek wil jou weereens met hierdie waarheid aanmoedig; net ingeval jy in die versoeking kom om met 'n moedelose, klaerige gesindheid te bid. Luister nou mooi: die enigste soort gebed waarvan die Bybel ons leer, is die soort wat kragtige resultate het. Om die waarheid te sê, ons word aangesê om met vrymoedigheid — met vrymoedigheid — voor die troon van genade te kom om seën te ontvang en genade te vind om ons in ons tyd van nood te help. Kan ek jou dus vandag aanmoedig om met jou hele hart en met vrymoedigheid te bid; dan sal jy ervaar hoe God se vrede oor jou heers. 1. Wat is jou gewone benadering tot gebed? Bid jy net in tye van moeilikheid ... of bid jy deur goeie en slegte tye? 2. Waarom dink jy is dit so? 3. Hoe reageer jy — te midde van hierdie maalstroom van die Coronavirus, te midde van die skade wat jy en jou geliefdes mag beleef? Het jy die vaste wete dat die enigste soort gebed waarvan die Bybel ons leer, die soort is wat kragtige resultate het? 4. Neem 'n oomblik om jou Bybel oop te maak en lees Hebreërs 4:14-16. Wat sê God vir jou? Waarom moet jy in Hom glo? 5. Sit 'n bietjie tyd opsy — stil en rustige tyd — om in gebed met God deur te bring; om met vrymoedigheid voor die troon van die genade te kom, om in sy teenwoordigheid te verkeer, om Hom toe te laat om jou met sy sekerheid  en sy liefde te vul. [ Ontdek elke dag God se  Woord VARS net vir jou. Ontvang die daaglikse VARS oordenking in jou e-pos! ](https://christianityworks.co.za/vars/)
Day 4

About this Plan

Geloof in plaas van Vrees tydens die Pandemie

In ‘n tyd waarin selfs gelowiges in vrees leef, is dit tyd om onbevrees vir ons geloof op te staan en die lig van Jesus se liefde in die harte van mense te laat skyn. Sluit gerus by Berni Dymet van Christianityworks aan,...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy