Laat ons eerlik wees - die groot vraag wat ons met hierdie hele Coronavirus pandemie vra, is: Hoe sal dit my beïnvloed?
Dit sal uiteraard ernstige lyding veroorsaak. Talle mense is al dood, baie het hul werk of hul besighede verloor.
En laat ons eerlik wees, dis nog nie die einde nie. Dit kan selfs diegene tref wat in Jesus glo.
Onthou jy die twaalf dissipels in 'n klein bootjie op die See van Galilea? Die storm het in die middel van die nag gekom; hulle het vir hul lewens gevrees ... en toe Jesus skielik op die water verskyn, het hulle hard geskree van angs.
Maar Petrus het uitgeroep: “Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom.” Jesus antwoord: "Kom."
En net daar in die middel van die storm, klim Petrus uit die boot, terwyl die ander elf agter bly en in angs terugdeins.
Wat is jou plan te midde van hierdie storm? Staan jy in geloof, of deins jy terug in vrees?