Duet Sample

Twee unieke helftes
Die boom reg voor die dek pla ons nou al ’n geruime tyd. Dit belemmer ons uitsig en volgens ons buurvrou bied dit ’n toegangsplek vir boomslange. Maar van boomsnoei kom daar nie veel nie. Tot ons die voorlaaste dag van ons seevakansie deurry Port Alfred toe. By ’n knus koffiewinkeltjie naby die rivier en ou hawe stop ons vir goeie koffie en varsgebakte botterbroodjies met room en appelkooskonfyt.
Ons volgende stilhouplek is die winkel wat die mooiste tweedehandse porselein, silwer en gerestoureerde meubels verkoop. Met die intrapslag gewaar ek die vrou wat ’n ou silwer kaasbord met ’n koepeldeksel in haar hand vashou. Haar man is duidelik nie ingenome met haar voorgenome kopie nie en raai haar af om dit te koop. Sy probeer hom ompraat, maar hy hou voet by stuk. Teleurgesteld bêre sy weer die kaasbord in die groot bruin kas en verlaat koponderstebo saam met hom die winkel.
Ek voel skoon hartseer vir haar onthalwe, maar sien dadelik die waarde van die kopie raak toe ek die prys sien! Ek wag eers om te kyk of sy nie maar tog omdraai om die kaasbord te kom koop nie, voor ek dit weer uit die kas haal en na die kassiere neem. So ’n winskopie laat ek nie deur my vingers glip nie!
Johan het intussen ’n stokou geroeste antieke saag in een van die agterste hoekies raakgesien. “En wat gaan jy hiermee doen?” vra ek. “Met dié saag snoei ons môre die boom!” sê hy selfvoldaan oor sý vonds.
Vier mekaar se uniekhede. Hoe vervelig sou dit nie gewees het as julle altyd van dieselfde goed gehou het nie!
GEBED: Here, dankie dat U ons as man en vrou geskep het – elkeen uniek, twee helftes van ’n ronde geheel. Amen.
Scripture
About this Plan

Dagstukkies vir huweliksmaats. Dis perfek vir huwelikspaartjies om in hulle stiltetyd saam te lees, en is geskik vir mense van enige ouderdom.
More
Related Plans

Two-Year Chronological Bible Reading Plan (First Year-June)

How to Taste and See God's Goodness: Practical Ways for Your Family to Experience God's Presence and Notice His Daily Blessings

Psalm 119 With Matt Chandler: A 10-Day RightNow Media Devotional

Cultivating the Fruit of the Spirit

A Kid's Guide To: Learning to Be Brave Through Followers of Jesus

How Should I Pray? Learn to Talk With Your Heavenly Father

Before the Cross: Trusting God in Uncertain Times

Healing From God

Celebrate Everything: 3 Days to Joyful Living
