YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Duet Sample

Duet

DAY 5 OF 7

# Strome van seën vir julle In ons sitkamer hang ’n skildery van twee figure, modern en effe abstrak – ’n man en ’n vrou. Sy sit veilig op die man se skoot en dra ’n eenvoudige rok wat tot onder haar knieë hang. Die rok het lang moue met ’n ronde hals, is wit aan die bokant en verander geleidelik tot dieprooi tot by die soom. Hy dra ’n vaalbruin baadjie, amper ou-wêrelds, toegeknoop tot onder sy ken. Hul oë is gesluit, hul gesigte naby mekaar, asof gereed om te soen. Haar hand vou saggies oor syne aan die voorkant van die skildery. Om hulle skyn ’n gloed van lig uit die donker om hulle. In die hoek onder is daar ’n klein vierkant wat die sagte kyk van die oog van ’n hond uitbeeld en bokant hulle dwarrel ’n paar donkerblou blare in die lug. Bokant hulle in die boonste hoek van die skildery is ’n paar hande wat ’n emmer vashou en ’n stroom water, strome van seën, oor hulle omkeer. In skakerings van blou, wit, geel en rooi, is die prentjie van die twee geliefdes rustig op die oog. Johan het dié skildery gekoop op die dag toe ek en hy tegelyk, uit die bloute, nadat ons mekaar jare as vriende geken het, besef het ons is vir mekaar bedoel. Toe hy die oggend voor die uitstalling die skildery by sy vriendin se ateljee sien, het hy geweet dit is syne. Slegs onder die wakende hand van God is ’n suksesvolle huwelik moontlik. Vra God om die Stuurman van jul lewe saam te wees en om vandag weer die oorvloedige strome van sy seën oor julle te laat reën. GEBED: Here, dankie vir strome van seën oor ons saamwees. Amen.

Scripture

Day 4Day 6

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy