YouVersion Logo
Search Icon

MigaSample

Miga

DAY 21 OF 29

Lees: Miga 5:9-14; Psalm 50:15-23

SOAP: Miga 5:14

*Let wel: Die verse in die Afrikaanse en Engelse Bybels stem nie ooreen nie. Lees Miga 5:9-14 in die Afrikaanse Bybel.

Mag ek eerlik en opreg wees en vir jou sê wat my probleem met Miga is? Dit laat my dink aan my eie sonde. Sonde is 'n woord wat verdwyn het uit die woordeskat van baie Christene. Ons verberg "klein" sondes of vermom hulle as "neigings." As almal dit doen, moet dit reg wees!

Verkeerd.

Miga laat my ook dink aan my eie gehoorsaamheid teenoor God. Is my lewe anders as die lewe van die volk van Israel? Ek kan God nie genoeg dank vir my lewe onder die genade nie, want hoe dieper ek ondersoek instel na my sonde, hoe meer sonde vind ek.

"Eendag sal God die ongelowige Joodse volk in hulle land versamel, hulle lyding laat ervaar, en Homself dan aan hulle openbaar en 'n nuwe nasie daarstel. Die profete het daardie dag sien kom en het probeer om hulle boodskap aan die volk oor te dra, maar hulle wou nie luister nie." Warren Wiersbe — Wees Bekommerd .

Hoeveel keer het ons in die boek Miga gesien dat die volk nie wou luister nie? Ek wil nie so wees nie. Ek wil nie my ore toedruk terwyl ek gewaarsku word nie.

Here, help my asseblief. U Woord is so duidelik oor hoe ek moet leef! Help my om noukeurig na U te luister en bewus te word van my sonde. Here, reinig asseblief my hart en help my om U te gehoorsaam. In die Naam van Jesus, amen.

About this Plan

Miga

In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”

More